2 m - 1 jaar
Ons baba klassie is ingerig vir klein lyfies van 2 maande oud. Ons glo daarin dat mens baie praat met ‘n baba, want hulle is werklik soos sponse wat alles opneem wat hulle hoor en sien. Hier sing en lees ons al heelwat vir die kleingoed.
Our baby class is ready for baby from as little as 2 months old. We believe talking to babies as much as possible is important as they are truly little sponges, taking everything in.
1 - 2 jaar
Ons 1-2 jaar klassie is ingerig vir 18-24 maande kindertjies wat baie gretig leer om meer gereeld self dinge te doen. Hier word hulle ook voorgestel aan die idee van die toilet potjie en speel gestruktureerd en ongestruktureerd. Al te lekker!
Our 1-2 year class is set up for children from around 18m to 24m who are eagerly learning to become more and more independent.
2 - 3 jaar
Ons 2-3 jaar peuter klassie is reg vir volstoom leer om selfstandig te word. Hulle begin self eet en begin hulle toiletgewoontes onder die knie kry. Hier word hier geleer onder meer van woordeskat bou en lewensvaardighede.
Our 2-3 year class is ready to go full-steam ahead with potty training, learning to eat by themselves as well as learning life skills and expanding their vocabulary.
3 - 4 jaar
In die 3-4 jaar klassie is ons gereed om groot take aan te pak – ons leer om te tel, ons herken ons geskrewe naam en van, asook om lekker te klim, balanseer en hardloop dat die stof so staan!
In the 3-4 year class we are going for gold and taking on new heights by learning to count, recognize our written name and surname, and much, much more! We work hard and play harder!
4 - 5 jaar
Die kinders leer al mooi in die 4-5 jaar klassie dat ons sekere letters kan herken, asook nommers. Ons tel al tot 30 en werk met ingewikkelde patrone. Hulle raak so vinning slim en teen die einde van die jaar is hulle meer as reg vir graad R!
The children in the 4-5 year class are learning some letter and number recognition to 30 and work with complex patterns – getting ready for grade R!
Ballet
Musieklesse/ Music
Kuns/ Art
Rekenaarvaardigheid/ Computer literacy
Ons skool/ Our school
By Protea Akademie Kleuterskool en Naskool is ons passievol oor elke kindjie wat oor ons pad kom. Ons het ‘n gekwalifiseerde span onderwysers, oppassers en onderwysassistente. Die kinders is ons nommer een prioriteit!
At Protea Akademie Kleuterskool en Naskool/ Preschool and Aftercare we are passionate about every child that we cross paths with. We have a team of experienced and qualified teachers, assistants and carers. The children are our number one priority!
